Lees ook: Polisie ondersoek die dood van Matthew Perry
VSA. – ’n Nuwe ondersoek is in Mei begin om die omstandighede rondom die dood van akteur Matthew Perry uit te pluis. Perry (54) is verlede jaar in Oktober oorlede na die effek van ketamien tot sy verdrinking gelei het.
Volgens PEOPLE het die polisie gesê die ondersoek is byna klaar en “verskeie mense kan aangekla word” vir die 17 Again-akteur se dood.
Owerhede is op soek na die persoon wat vir Perry die ketamien kon gegee het, aangesien die hoeveelheid wat in sy bloed was meer was as wat dit sou wees van sy behandeling met die middel.
Bronne: People, Euronews, Entertainment Weekly





