Lees ook: Matthew Perry se dood nie veroorsaak deur oordosis fentaniel of ‘meth’ nie
LOS ANGELES. – Volgens die polisie in Los Angeles gaan hulle die dood van akteur Matthew Perry ondersoek. Perry is Oktober oorlede van die “akute effek van ketamien”. Verdrinking is ook gelys as ‘n faktor wat sy dood kon veroorsaak het.
Die polisie wil ondersoek hoe Perry die ketamien gekry het. Perry het ketamien ontvang vir depressie en angs, maar sy laaste behandeling was ’n week en ’n half voor sy dood. Dit sou dus nie steeds in sy sisteem gewees het nie.
Bronne: BBC, CNN, Deadline
Lees ook: Matthew Perry aan akute effek van ketamien oorlede





