Aardbewing 2 140 km suid van Mosselbaai

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

WES-KAAP. – ‘n Aardbewing wat 6.7 op die Richterskaal meet, het vanoggend omstreeks 06:55 suid van Mosselbaai in die Indiese Oseaan plaasgevind.

Die aardbewing was op ‘n diepte van 10 km.

Volgens Volcano Discovery is die seismiese energie-aktiwiteit wat gemeet is, gelykstaande aan 10.6 atoombomme.

Mossel Bay Advertiser sê geen tsoemani-waarskuwing is uitgereik nie.

Die laaste aardbewing op rekord vir Suid-Afrika was in Gauteng op 30 Junie wat 2.6 op die Richterskaal gemeet het.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief