Brekende Nuus
Afrikaans

Aardbewing van 6.3 tref Indonesië

6.3 aardbewing tref Indonesië

fotokrediet: Canva
6.3 aardbewing tref Indonesië fotokrediet: Canva

PAPUA, INDONESIË. – ’n Aardbewing wat 6.3 op die Richterskaal meet, het vanoggend Papoea in Indonesië getref.

Lees ook: Een persoon dood ná aardbewing in Turkye

Volgens die Stille Oseaan-tsoenami-waarskuwingsentrum is daar geen dreigement van ’n tsoenami nie.

Owerhede het gesê daar is nog geen skade of beserings aangemeld ná die aardbewing nie.

Daar is gereeld aardbewings in Indonesië omdat dit naby die sogenaamde Ring of Fire is waar tektoniese plate bots. Dié tektoniese gordel strek van Japan deur Suid-Oos-Asië en oor die Stille Oseaan.

Bronne: Daily Mail, The Hindustan Times, The Straits Times

Lees ook: Een persoon dood ná aardbewing in Turkye