Lees ook: 126 dood na aardbewing in Tibet
JAPAN. – ’n Aardbewing wat 6.9 op die Richterskaal meet, het Japan gistermiddag getref.
Die aardbewing was op ’n diepte van 23 myl en het grotendeels die Kyushu-streek getref. ’n Waarskuwing vir ’n tsoenami, wat intussen gelig is, is uitgereik en 11 stede in die Kochi-streek is ontruim.
Japannese owerhede waarsku steeds dat mense naby die see versigtig moet wees.
Dit is onbekend hoeveel skade deur die aardbewing veroorsaak is.
Bronne: The Sun, CBS News, Newstalk
Lees ook: 126 dood na aardbewing in Tibet