Brekende Nuus
Afrikaans

Aardbewing van 7.4 tref Rusland

7.4 Aardbewing tref Rusland

fotokrediet: Canva
7.4 Aardbewing tref Rusland fotokrediet: Canva

RUSLAND. – ‘n Aardbewing wat 7.4 op die Richterskaal meet, het vanoggend Kamchatka in Rusland getref.

Lees ook: Tsoenami – golwe tref gebiede in Rusland, VSA en Japan ná aardbewing

Die VSA se tsoenami-waarskuwingstelsel het ‘n tsoenamiwaarskuwing net ná die aardbewing uitgereik, maar dit is later teruggetrek.

Vandag se aardbewing volg ná ‘n 8.8-aardbewing in Julie wat verskeie tsoenamiwaarskuwings en massiewe golwe tot gevolg gehad het.

Daar is nog geen skade of beserings aangemeld ná vandag se aardbewing nie.

Volgens die USA Geological Survey is vandag se aardbewing ‘n naskok van die 8.8-aardbewing.

Bronne: The Independent, NBC News, New York Times

Lees ook: Tsoenami – golwe tref gebiede in Rusland, VSA en Japan ná aardbewing