Brekende Nuus
Afrikaans

Aaron Carter, sanger en voormalige Disney-kinderster dood

Hy is volgens beriggewing in sy bad gevind.

Aaron Carter
Fotokrediet TMZ en Josh Benson

Aaron Carter (34) kinderster-sanger is dood in die bad van sy huis in Valley Vista Drive, Lancaster, Kalifornië aangetref.

Nooddiens- en wetstoepassingsagentskappe het glo gister om ongeveer 11:00 op ‘n noodoproep van ‘n man wat in ‘n bad gevind is gereageer.

KPR is toegepas, maar hy is op die toneel dood verklaar.

Hy is die jonger broer van Nick Carter (Backstreet Boys) wat sy dood bevestig het.

‘n Video wat hy twee dae gelede gemaak het, is op sosiale media te sien. Hy was in September in ‘n rehabilitasiesentrum.

Die sanger was openhartig oor sy sielkundige probleme en dwelmverslawing.

Melanie Martin (30), model, is die ma van sy 11 maande oue babaseun Prince Lyric Carter.

Hillary Duff, wat vroeërjare sy meisie was, het die volgende boodskap gedeel:

Fotokrediet Hillary Duff

Bronne: AV Scanner News, Sky News Australië en NewsNation

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.