Action Society oorweeg stappe teen SAPD in pastoor Liezel se moordsaak

Lees ook :

Fotokrediet: Facebook

Action Society beplan om stappe teen die SAPD te neem in verband met die ondersoek in die moordsaak van pastoor Liezel de Jager.

“Die totale gebrek aan ondersoekende kennis van plaaslike polisiemagte het gelei tot nog ’n onopgeloste saak, een jaar na die moord,” sê Kaylynn Palm, koördineerder van Action Society. “Die regering en die Suid-Afrikaanse Polisiediens besef nie watter gevolge die gebrek aan vaardighede en leierskap in die SAPD op misdaadslagoffers en hul geliefdes het nie.”

Pastoor De Jager van Amanzimtoti is op 13 Oktober verlede jaar verwurg en geen verdagtes is intussen in hegtenis geneem nie.

Sy is vroegoggend buite haar huis vermoor na sy gaan draf het.

Action Society het ‘n mandaat van haar familie ontvang om die saak te ondersoek, maar sê die polisie het die proses bemoeilik.

“Action Society sal aanhou om geregtigheid na te jaag in Liezel de Jager se saak en sal verdere stappe teen die polisie oorweeg.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief