Adjunkpresident van ANC-vroueliga Lungi Mnganga-Gcabashe oorlede

Lees ook :

Adjunkpresident van ANC-vroueliga, Lungi Mnganga-Gcabashe oorlede fotokrediet: X

Die adjunkpresident van die ANC-vroueliga, Lungi Mnganga-Gcabashe (64), is Saterdag by haar huis in Westville, KZN, oorlede.

Lees ook: Israel sê dit sal ‘basiese hoeveelheid’ kos in Gaza toelaat

Mnganga-Gcabashe was ten tyde van haar dood ’n lid van die parlement en die voorsitter van die portefeuljekomitee oor toerisme.

Die oorsaak van haar dood is nog onbekend.

Die ANC-party het medelye teenoor haar familie uitgespreek en het Mnganga-Gcabashe beskryf as ’n “lewenslange aktivis en dienaar van die mense”. Die minister van toerisme, Patricia de Lille, het ook hartseer oor Mnganga-Gcabashe se dood uitgespreek en het gesê sy was iemand wat geweet het hoe oorsig werk en het “altyd oplossings gehad oor hoe om toerisme te laat groei”.

Bronne: eNCA, The Citizen, IOL

Lees ook: Israel sê dit sal ‘basiese hoeveelheid’ kos in Gaza toelaat

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief