AfriForum sê die nasionale landelike veiligheidstrategie (NLVS) is ’n goeie begin om plaasaanvalle en -moorde te bekamp, maar waarsku dat dit slegs effektief sal wees as dit daadwerklik op grondvlak toegepas word. Die organisasie reageer op prof. Firoz Cachalia, die waarnemende polisieminister, se erkenning dat plaasaanvalle ’n ernstige probleem in Suid-Afrika is.
Jacques Broodryk, die hoofwoordvoerder vir gemeenskapsveiligheid by AfriForum, sê landelike gemeenskappe is steeds grootliks op hulself aangewese omdat die polisie se kapasiteit in baie gebiede beperk is en reaksietye stadig kan wees. Hy beklemtoon dat samewerking met plaaswagte en buurtwagte noodsaaklik is, aangesien hulle op voetsoolvlak ’n sleutelrol in gemeenskapsveiligheid speel. Broodryk sê dat erkenning van die probleem alleen nie genoeg is nie; konkrete optrede is nodig om ’n merkbare verskil in landelike veiligheid te maak. AfriForum sal steeds saam met wetstoepassingsagentskappe en gemeenskappe werk en ondersteun waar die staat nie voldoende teenwoordigheid het nie.
AfriForum doen ’n beroep op die ministerie en polisie om samewerking met hierdie burgerlike strukture te versterk, hulle as volwaardige vennote te erken, hulpbronne beskikbaar te stel en effektiewe inligtingsdeling te verseker.
Druk hier om meer te lees.






3 Responses
Feeling nostalgic, heading to win7game for some classic vibes. Remember wasting hours on those games back in the day? Bringing back the good old times! Worth a look-see at win7game
Looking for some fresh games to download. Think 02gamedownload might have what I need. Fingers crossed for some hidden gems! Always on the hunt for new titles. Score some downloads here 02gamedownload
Trying my hand at zc888game. Heard it’s got some decent slots. Hoping to score a big win tonight! Wish me luck! Check your luck at zc888game