AfriForum het ’n dagvaarding aan president Cyril Ramaphosa en die minister van gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi, beteken as deel van sy hofstryd teen die wet op nasionale gesondheidsversekering (NGV). Die dagvaarding het ook betrekking op Enoch Godongwana, Thoko Didiza en Refilwe Mtsweni-Tsipane.
Die aankondiging is tydens ’n mediakonferensie by die Kempton Park-hospitaal gemaak. Volgens AfriForum is dit die eerste aksieproses van sy soort teen die wet en is dit daarop gemik om die NGV as ongrondwetlik te laat verklaar en na die parlement terug te verwys. Ernst van Zyl, hoof van openbare betrekkinge, sê die wet is ideologies gedrewe en sal nie gesondheidsorg verbeter nie. AfriForum voer onder meer aan dat die NGV provinsiale magte verwater, pasiënte se vryheid van keuse beperk en ekonomies onwerkbaar is.
Die organisasie waarsku dat die koste van NGV nie net finansieel sal wees nie, maar ook grondwetlike regte kan raak.
Druk hier om meer te lees.








