[t4b-ticker]

AfriForum suksesvol in hof om verbruikers te beskerm

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

Die hooggeregshof in Pretoria het die gebruik van prysbande en riglyne gedurende Oktober 2024 onwettig verklaar.

Munisipaliteite moet kostestudies doen voordat tariefverhogings ingestel mag word. Dit het ten doel om verbruikers te beskerm.

Vrydag is in die hof beslis die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika moet bevestig of hy munisipaliteite steeds verplig om die kostestudies te doen wanneer hulle vir tariefverhogings aansoek doen.

Lees AfriForum se plasing oor die aangeleentheid, met ‘n aangehegte stuk van die hofdokumente daarnaas, hier onder:

SUKSES!

Die hof het vandag in AfriForum se guns beslis nadat AfriForum versoek het dat die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) moet bevestig of hy munisipaliteite steeds verplig om kostestudies in te dien wanneer hulle aansoek vir tariefverhogings doen.

Die Hooggeregshof in Pretoria het in Oktober 2022 die gebruik van prysbande en riglyne onwettig verklaar. Dié uitspraak het tot gevolg dat munisipaliteite nou kostestudies moet indien alvorens hulle tariefverhogings mag instel.

Die kosteraamwerk is daargestel om verbruikers teen uitermatige hoë tariewe te beskerm.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief