Lees ook: WGO keer entstof vir a-pokke goed
Die Afrika-sentrum vir siektebeheer en voorkoming (CDC) het gesê die uitbraak van a-pokke in Afrika is nie onder beheer nie en dat gevalle in verskeie lande toeneem.
Die WGO het die uitbraak ’n openbare gesondheidsnoodgeval van internasionale belang verklaar ná die nuwe variant geïdentifiseer is.
Volgens die direkteur-generaal van die Afrika-CDC is daar in slegs een week 2 912 nuwe gevalle aangemeld in Afrika, terwyl 14 mense aan die virussiekte dood is.
Bronne: My Joy Online, The Street Journal, Dev Discourse
Lees ook: WGO keer entstof vir a-pokke goed