Lees ook: Marokko bevestig eerste geval van a-pokke
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het ‘n entstof vir a-pokke deur prekwalifikasie goedgekeur, wat sal help om die entstof vinniger beskikbaar te stel in streke waar daar uitbrake van die virus is.
Die entstof is reeds na die Republiek van die Kongo afgelewer, waar dit vanaf 2 Oktober aangewend sal word om die huidige uitbraak van a-pokke te beveg.
Hierdie goedkeuring deur die WGO beteken dat die entstof as veilig en doeltreffend beskou word. Dit speel ‘n sleutelrol om vinnige en doeltreffende immunisering in geaffekteerde lande te verseker.
Bronne: CBS News, The Citizen, UN News