Afskeid geneem van seuntjie wat net wou bid en weet hoe die hemel lyk

Lees ook :

Foto: Laerskool Tzaneen

Lian Hermann Venter (6), ‘n gr. R-leerling van Laerskool Tzaneen, het op 11 Oktober gesterf na hy slegs ‘n maand vantevore verjaar het. Daar is Vrydag van hom afskeid geneem.

Angelique Pohl Venter het met ‘n sosialemediaplasing bevestig jong Lian het volgens bloeduitslae ‘n bakteriële infeksie onder lede gehad wat tot komplikasies gelei het. Die mamma sê Lian het egter glad nie breinvliesontsteking gehad nie.

Venter het vir gebed vir die gesin in hierdie moeilike tyd gevra, maar sê terselfdertyd Lian het geweet Jesus gaan hom kom haal.

“Jou laaste 2 maande wou jy net vir ons bid! En sulke kratige gebede! Gebede wat n 6-jarige nie kan opmaak! Jy’t mamma nog gevra laasweek: ”Mamma hoe lyk die hemel?” En ek het vir jou gese dis die mooiste plek in die hele wye wereld! Min wetend jou gees was besig om reg te maak om by Jesus se voete te rus!”

Venter vertel hoe Lian voordat hy die laaste keer sedeer is, gevra het daar moet Bybel gelees word. Sy tannie het Psalm 23 gelees.

“Min wetend sy lei jou siel na die hemel! Want jy’t vir my gesê: “Mamma, ek kan hierdie nie meer vat nie.” Jy wil huis toe gaan! Ek’s seker jy het bedoel jou hemelse huis. Jou laaste skets was ‘n kersboom vir jou juffrou Marga Smith! Jy’t vir haar ‘n huisie gemaak met engeltjies! Jy’t nog nooit engeltjies geteken nie! Jy’t in jou kosbare hartjie geweet wat wag vir jou, Jesus en jou oupas”

“Jy het begin deurmekaar word en nie meer vir ons gekyk nie, jy’t rondom jou gekyk in die lug met groot oë. Jy’t vir seker engele gesien wat langs jou gestaan het en jou bewaar het.”

Venter het die mediese personeel bedank en dankie gesê vir al die gebede en hulp wat hulle ontvang, maar het hartseer gesê hoe Lian gemis word en hoe seer hulle het.

“Woorde kan nie beskryf die seer wat ons het nie! Die leemte! Here, hoe gaan ons hierdeur kom? Jou drukkies, jou grappies, jou liefde gaan so gemis word!”

“Ons gaan jou so mis ons liefste, dierbare kind! Jou plek is leeg langs ons! Jy sien jou oupas daar! Jy wou net altyd weet hoe was jou oupas! Nou kan julle lekker jag en boer praat my kind! Ons trane en my verlange sal Nooit ophou vir jou nie! Lief jou ons liefste Lian.”

Nuusflits betuig hiermee medelye aan Lian se gesin, uitgebreide familie, maats en skool.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief