Leon Schuster, Suid-Afrika se meester-grapjas en filmmaker, het so pas ‘n vierde rugoperasie ondergaan. Schuster gaan al ‘n geruime tyd gebuk onder rugprobleme wat operasies genoodsaak het.
Wêreld Onbeperkte Musiek/World Of Music (WOM) het ‘n foto van Schuster en sy dogters gedeel.
Die byskrif lees: “Sterker as ooit na jou 4e rugoperasie Dad! Jy’s so sterk soos ‘n leeu! Love you so much!”
Nuusflits wens Schuster spoedige beterskap toe.