‘Afspraakwebwerf-reeksmoordenaar’ vasgetrek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Verdagte (37) wat met meer as 10 sake van verkragting en ook moord verbind word, is tydens ‘n gesamentlike operasie van Sondagaand tot Maandagoggend in Mentz, Mankweng, in hegtenis geneem. Die verdagte het glo van Tinder gebruik gemaak om sy slagoffers na sy huis te lok.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die sake is by Eersterust-polisiekantoor in Gauteng aangemeld. Sommige slagoffers is glo by die verdagte se woning in Eersterust verkrag. In die mees onlangse voorval het hy na bewering ‘n slagoffer verkrag en vermoor en haar daarna in ‘n vlak graf in sy woning begrawe het. Die saak is onder die polisie se aandag gebring en ‘n omvattende ondersoek is gedoen, waarna die verdagte in Limpopo in hegtenis geneem is. Die verdagte sal op aanklagte van verkragting, moord en regsverydeling in die Pretoria-Sentraal-landdroshof verskyn.

Individue wat deur hierdie verdagte of ander verdagtes geviktimiseer is, word versoek om by hul plaaslike polisiekantore aan te meld.

Lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, het gemeenskapslede, veral vroue, gewaarsku om baie versigtig te wees wanneer hulle afspraakwebwerwe gebruik, aangesien hulle moontlik slagoffers van misdaad kan word. “Terwyl ons Vrouemaand vier, moet ons te alle tye versigtig wees en oplet met wie ons ons assosieer. Meld enige verdagte bewegings of mishandeling by die polisie aan, deel altyd jou ligging met jou familie en vermy dit om vreemdelinge op private plekke te ontmoet.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief