Agsterstallige paroolaansoeke van lewensvonnisse aansienlik verminder

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

Dr. Pieter Groenewald het, sedert hy die pos as minister van korrektiewe dienste opgeneem opgeneem het, ‘n aansienlike vermindering in agterstallige paroolaansoeke teweeg gebring. Hy en sy sekretariaat het reeds deur 325 ou aansoeke gewerk.

Euné Oelofsen, woordvoerder vir die minister, sê hy het 495 aansoeke van die ou administrasie oorgeneem. Hy het ook 60 nuwe aansoeke ontvang wat aandag gekry het. Van die 495 agterstallige aansoeke is daar slegs 170 oor wat verwerk moet word.

Groenewald het belowe om die agterstallige aansoeke teen 15 Oktober afgehandel te hê.

Met die nodige aanbeveling het Groenewald die laaste sê oor die magtiging van parool.

Lees die volledige verklaring hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief