Agt dood, agt beseer in kop-aan-kop-botsing

Lees ook :

Foto's: Arrive Alive

Agt persone is dood toe ‘n ernstige ongeluk vanoggend ongeveer 05:00 op die N1 noord na Musina, net voor die die Baobab-tolhek, in Vhembe-distrik, Limpopo plaasgevind het.

Tidimalo Chuene, departementele woordvoerder vir Limpopo se departement vir vervoer en gemeenskapsveiligheid, sê dat ‘n minibustaxi na bewering onveilig verbygesteek het en ‘n kop-aan-kop-botsing met ‘n bakkie veroorsaak het.

Vyf mans en drie vrouens het hul lewens verloor en was reeds dood toe nooddienste op die toneel aangekom het.

Nog agt persone wat beseer is, is na nabygeleë mediese fasiliteite geneem.

Die pad was gesluit sodat nooddienste op die toneel kon werk en motoriste is gevra om van roete te verander of geduld te gebruik.

Florence Radzilani, die LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid in die provinsie, het medelye aan die oorledenes se families betuig.

“We are deeply saddened by the news and pray for the departed, and the families they leave behind. We also pray for the healing of those who sustained injuries in the accident.

We are heading to Easter long weekend, which will see a heightened presence of motor vehicles on our roads, as people will be traveling to different parts of the Province to spend time with their families.

While we anticipate this to be a period of joy and family reunions, experience has taught us that there are some among us, who are reckless on the roads. Driver behaviour, which includes reckless driving, overtaking at unsafe spots, over-speeding, overloading, and drunk driving, counts as the number one cause of road accidents and fatalities.

The responsibility for road safety lies with all of us as individual drivers. We are therefore continuing as a Department, to make a clarion call to motorists, to become a part of the road safety crusade, and be responsible road users at all times, for all to arrive alive “, said MEC Radzilani.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief