Lees ook: SA Weerdiens waarsku teen hittegolf tot Saterdag
RICHARDSBAAI. – Agt verdagtes wat glo op pad was om ’n winkel te beroof wat deur ’n buitelander besit word, is in ’n skietery met die polisie dood.
Die polisie het gister inligting ontvang oor die verdagtes en hulle voertuig ná hulle glo aan ’n transitorooftog verbind is.
Hulle het die voertuig gesien waar dit op pad was Richardsbaai toe en het die verdagtes beveel om te stop. Die verdagtes het weggejaag en ’n hoëspoedjaagtog het gevolg. Die verdagtes het op die polisie geskiet, waarop die polisie teruggeskiet het. Al agt verdagtes is in die skietery dood.
Drie vuurwapens, twee replikagewere en toerusting om by ’n huis in te breek, is in die voertuig gevind. Die polisie is besig om te ondersoek of die vuurwapens in ander misdrywe gebruik is.
Bronne: SAPD





