INTERNASIONAAL. – Airbus het bevestig ‘n inspeksie sal uitgevoer word op ‘n onbekende hoeveelheid A320-vliegtuie nadat ‘n “vervaardigings-kwaliteitprobleem” met metaalpanele wat gebruik word, geïdentifiseer is.
Lees ook: NTSB waarsku Boeing en Airbus oor rook
Die probleem volg slegs dae nadat duisende A320-vliegtuie gehok is vir ‘n dringende sagteware-opdatering nadat bevind is solarradiasie kan inmeng met die vlugbeheerrekenaars op die vliegtuie.
Die probleem is ontdek toe ‘n vliegtuig skielik hoogte verloor het toe dit tussen die VSA en Mexico gevlieg het en 15 mense beseer is.
Airbus het gesê alle vliegtuie wat deur die probleme met die panele geraak word, sal ‘n inspeksie ondergaan, maar dit word nie verwag dat al die vliegtuie herstelwerk gaan benodig nie.
Bronne: BBC, The National News, Times Now
Lees ook: NTSB waarsku Boeing en Airbus oor rook





