WASHINGTON, VSA. – Die nasionale vervoerveiligheidsraad (NTSB) het ’n waarskuwing aan Boeing en Airbus uitgereik oor die moontlikheid van rook wat by vliegtuie met LEAP-1B-enjins kan inkom.
Lees ook: Air India sê een enjin op ongeluksvliegtuig was nuut
Die NTSB het bevind die veiligheidskenmerk wat die vibrasies moet verminder wat van ’n beskadigde enjin na die lugraam beweeg, kan die enjin se oliestelsel beskadig. Dit kan rook van die warm olie by die ventilasiesisteem van die vliegtuig laat inkom, wat dan na die stuur- of passasierskajuit kan versprei.
Die NTSB het die federale lugvaartadministrasie gevra om vlieëniers in kennis te stel van die probleem sodat hulle stappe kan neem om te keer dat die rook in die vliegtuig beland.
Hierdie waarskuwing volg ná twee voorvalle waarin rook vliegtuie binnegekom het toe voëls in die enjins beland het.
Bronne: NTSB
Lees ook: Air India sê een enjin op ongeluksvliegtuig was nuut





