Lees ook: AKA-verdagte wil klag van meineed teen speurder lê
DURBAN. – Die borgaansoeke van die vyf verdagtes in die moord op Kiernan (AKA) Forbes en Tebello (Tibz) Motsoane gaan vandag voort.
Lindokuhle Mkhwanazi het verlede week gesê hy gaan ‘n klag van meineed teen die ondersoekbeampte, speurder Pillay, lê.
Mkhwanazi beweer Pillay het hom valslik aan die saak verbind en het gelieg dat hy ‘n onwettige vuurwapen het.
Die verdagtes word aangekla van moord, poging tot moord, sameswering om moord te pleeg, geldwassery en die onwettige besit van vuurwapens en ammunissie.
Bronne: SABC, The Citizen, eNCA
Lees ook: AKA-verdagte wil klag van meineed teen speurder lê





