Lees ook: Vyf AKA-moordverdagtes vandag in die hof
DURBAN. – Een van die verdagtes in die moord op Kiernan (AKA) Forbes en Tebello (Tibz) Motsoane het gekla hy word “nie goed behandel” in die tronk nie.
Lindokuhle Thabani Mkhwanazi (30), Lindani Zanele Ndimande(35), Siyanda Eddie Myeza (21), Mziwethemba Gwabeni (36) en Lindokuhle Ndimande (29) het gister in die hof verskyn.
Dit is voorgestel Mkhwanazi, Gwabeni en Lindokuhle Ndimande moet by Chatsworth-polisiestasie aangehou word.. Die ander twee beskuldigdes word reeds in Westville-gevangenis aangehou vir ander misdrywe.
Die verdediging het gesê Gwabeni het gekla hy word “nie goed behandel” in Chatsworth nie. Hy is deur die landdros beveel om sy klagtes na die stasiebevelvoerder en ondersoekbeampte te neem.
Bronne: The Citizen, SA People, Surgezirc
Lees ook: Vyf AKA-moordverdagtes vandag in die hof





