Mila Guy en Bennie Fourie, gewilde akteurspaar, verwag hulle eersteling vroeg volgende jaar.
In tipiese Mila-en-Bennie-styl het die twee die nuus in ‘n video-reel op Facebook bekendgemaak. Kyk hier.
Die opname begin waar Mila op ‘n stomp op ‘n strand in Bali sit en Bennie agter haar staan. Hy kom sit en die twee vertel om die beurt hulle het nuus om te deel. Wat eers soos slegte nuus voorkom, verander gou in blydskap.
“Daar was baie goeie tye, maar nou het alles verander. Dit is nie meer Mila en Bennie wat julle ken nie.”
Met Bennie wat Mila die skuld vir die nuus wil gee, sê sy vinnig sy dink nie dis alleen haar skuld nie en dit nie iets is wat sy sonder hom kon gedoen het nie.
“Dit is nie meer ek en Mila nie, dit is ek en Mila en die baba!”
“Ek is swanger!” laat Mila dan oorstelp hoor.
‘n Rondspringery volg voor die twee bekendmaak die verwagte datum vir Baba Fourie is 25 Januarie 2025.
“Wow ons gaan lame ouers wees,” sluit Bennie die opname af.





