Carien Botha, oftewel Blapsie, bekende SA-aktrise, se babadogter, Luca, het verras en ‘n maand vroeër as verwag is haar opwagting gemaak.
“…welkom my liewe meisie, nou is ons gesin voltooi.”
Botha van onder meer Molly en Wors, Die Fakulteit, Poena is Koning en vele meer, sê in haar sosialemediaplasing verlede Donderdag het normaal begin. Sy het pyn en ongemak verduur en ‘n doktersbesoek afgelê.
Die dokter het egter besluit Luca, wat “ligbringer” beteken, moet met ‘n noodkeisersnit gebore word. Luca, wat 2.39 kg weeg en 49 cm lank is, is op 18 April om 18:28 verwelkom.
Luca was vir ses dae in die NICU voordat sy saam haar gesin kon huis toe gaan.
Botha en Lloyd de Wet is op 22 Julie 2023 getroud en het ‘n seun, Sion, wat op 7 April vier jaar oud was. Hy is ook op 36 weke gebore.
“Ons De Wet-gesin is nou voltooi, met nuwe uitdagings vind ons almal ons voete.”

Foto: Lloyd de Wet

Foto: Carien Botha





