Al drie vertonings van Andrea Bocelli uitverkoop

Lees ook :

Al drie vertonings van Andrea Bocelli uitverkoop. Foto: Big Concerts

Big Concerts het aangekondig al drie vertonings van Andrea Bocelli vir 2025 het Vrydag uitverkoop. Kaartjieverkope het om 9:00 Vrydagoggend geopen.

“All three Andrea Bocelli shows are officially sold out. We can’t wait to see you all next year when we get to experience the exceptional Andrea Bocelli Live,” lui Big Concerts se verklaring.

Sommige persone was ontsteld oor swak internetverbinding tydens die kaartjieverkope. Ander het gevra vir die moontlikheid dat nog ’n vertoning bygevoeg word.

Bocelli tree op 12 en 13 April 2025 by die SunBet-arena in Pretoria op en op 16 April 2025 in die DHL-stadion in Kaapstad.

Bronne: Big Concerts, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief