Lees ook: Vroulike bokser onttrek van geveg teen vrou wat voorheen geslagsgeskiktheidstoets dop
PARYS, FRANKRYK. – Die Algeriese bokser, Imane Khelif, het ‘n saak aanhangig gemaak oor aanlyn boeliery na sy by die Olimpiese Spele deelgeneem en goud gewen het.
Khelif was in die kollig na ‘n geveg teen ‘n Italiaanse bokser binne sekondes na twee houe geëindig het. Sy is gekritiseer vir haar deelname aan die Spele na sy verlede jaar ‘n geslagsgeskiktheidtoets gedop het.
Die internasionale Olimpiese komitee het beslis Khelif mag aan die boks deelneem. Khelif se prokureurs het die naweek bevestig sy het ‘n saak by die Parys aanklaer gemaak oor mense wat haar aanlyn geboelie het.
Bronne: Metro, New York Times, ESPN
Lees ook: Vroulike bokser onttrek van geveg teen vrou wat voorheen geslagsgeskiktheidstoets dop