Alison Botha baklei ‘n tweede keer vir haar lewe

Lees ook :

Foto's: Alison

Die aanval in 1994 op Alison Botha (57) in Gqeberha (Port Elizabeth) het Suid-Afrika geruk. Sy veg tans weer vir haar lewe, hierdie keer in ‘n staatshospitaal as gevolg van ‘n brein-aneurisme. Botha het nie ‘n mediese fonds nie.

Botha was tydens die aanval op 18 Desember 1994 deur Frans du Toit en Theuns Kruger verkrag, haar nek 17 keer gesny, haar 37 keer in die maag gesteek en ontwei, waarna sy vir dood gelos is. Du Toit en Kruger is op 4 Julie 2023 op parool vrygelaat.

Deur haar storie met die wêreld te deel, het Botha ‘n stem vir verkragtingslagoffers geword.

Antoinette Marlow Rademeyer sê op sosiale media: “Alison, jy is weer in die hospitaal…..ek het jou 1994 verpleeg na daardie gru-aand…..Dr. Angelof…..nou al oorlede…..het jou lewe gered daardie aand in Provinsiale Hospitaal. P.E…..EK….ALMAL WEET EK….BID VIR JOU!!!!! Jy het sooo hard baklei 1994…..jy kan nou weer baklei…..Jesus is aan jou kant!!!!!!”

Nuusflits het voorheen oor die parool van die beskuldigdes berig:

Theuns Kruger en Frans du Toit, wat 29 jaar gelede ‘n vrou verkrag en wreed vermink het, is Dinsdag op parool vrygelaat nadat hulle in 1995 tot lewenslange tronkstraf gevonnis is.

Alison Botha is in 1994 op die ouderdom van 27 jaar wreed aangeval. Botha het daarin geslaag om tot in ‘n teerpad te kruip en is deur ‘n verbygaande motoris opgelaai.

Volgens Singabalho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (DKD), is Kruger en Du Toit Dinsdag op parool vrygelaat.

Botha het intussen ‘n boek, I Have Life, geskryf en daar is ook ‘n rolprent, genaamd Alison, oor haar lewe gemaak. Sy is wêreldwyd in aanvraag as motiveringspreker.

Foto: Op lêer

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief