Bheki Cele, die minister van polisie, het gesê daar was ’n toename in die moordsyfer in die land sedert die land vlak drie van inperking binnegegaan het. Hy het ook gesê Suid-Afrika se gesondheidsektor het verswak sedert die koop en verkoop van drank gewettig is.
Minister Cele het Donderdag gesê as dit van hom afgehang het, die verbod op die handel in alkohol steeds sou geld.
“Tot en met 1 Junie sou ons ongeveer 32 persone verloor het. Maar op die eerste dag van vlak drie van inperking het ons 40 mense verloor. Op die tweede dag 51 en op die derde dag 69,” het minister Cele gesê.
“Die hospitaalbeddens wat vir persone wat in die intensiewesorgeenhede behoort te wees, bedoel was, is nou daar vir gevalle wat met alkohol verband hou.”
[WATCH] Police Minister Bheki Cele says if it was up to him, the ban on the sale of alcohol would still be in place. He has spoken to EWN while visiting the house of one of two EThekwini metro cops who were gunned down on their way to work on Tuesday. @NkoRaphael pic.twitter.com/xatk4W4jLa
— EWN Reporter (@ewnreporter) June 11, 2020