Altesaam 12 499 vuurwapens in Vanderbijlpark vernietig

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Genl. Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris, het Woensdag die vernietiging van 12 499 vuurwapens by Cape Gate Steel in Vanderbijlpark gelei.

Volgens Masemola is die vuurwapens in misdaadverwante operasies gekonfiskeer en die vernietiging is deel van die SAPD se poging om geweld te bekamp. Hy het dit as ‘n strategiese slag teen misdaad bestempel.

Masemola het voorts gesê sedert April 2019 tot op hede is ’n totaal van 292 092 vuurwapens vernietig. Hy het aangedui dat Gauteng die meeste vuurwapens ingedien het met 5 099, gevolg deur die Wes-Kaap met 2 333, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap met 1 432. Die afgelope drie weke is meer as 300 vuurwapens tydens Operasie Shanela gekonfiskeer.

Sedert 1 April is 210 532 verdagtes landwyd vir verskeie misdade in hegtenis geneem. Altesaam 4 669 onwettige drankpersele is gesluit. In dieselfde tydperk is 1 586 onwettige vuurwapens verwyder en 210 532 verdagtes vir verskeie misdade in hegtenis geneem. Dit sluit in 2 225 vir moord, 2 611 vir verkragting en 11 217 vir die bestuur onder invloed. Masemola het verder verwys na pogings om geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord te bekamp. In April en Mei 2025 is 416 oortreders gevonnis, van wie 57 lewenslange tronkstraf opgelê is.

Hy het afgesluit met die bevestiging dat die SAPD vasbeslote is om integriteit, eenheid en doeltreffendheid in die diens te handhaaf en binne die wet op te tree. “Ons bly standvastig in ons missie om te dien en te beskerm.”

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief