Brekende Nuus
Afrikaans

Altesaam 161 gevalle van pienkoog in eThekwini aangemeld

Die KwaZulu-Natalse gesondheids-LUR, Nomagugu Simelane, het gesê mense moet goeie higiëne toepas en as hulle simptome het, moet hulle hospitaal of kliniek toe gaan.

161 gevalle van pienkoog aangemeld in eThekwini

fotokrediet: Canva
161 gevalle van pienkoog aangemeld in eThekwini fotokrediet: Canva

Lees ook: Cholera-medisyne raak op te midde van uitbrake

ETHEKWINI – Minstens 161 gevalle van pienkoog is sedert 26 Februarie 2024 in die eThekwini-distrik aangemeld. Pienkoog of konjunktivitis is ‘n aansteeklike ontsteking van die ooglid en oogbol.

55 gevalle is in die Clairwood-hospitaal aangemeld, 50 gevalle by die KZN-kinderhospitaal, 39 gevalle by die Cato Manor-gemeenskapsgesondheidsentrum, 15 gevalle by die McCord-hospitaal en twee by die Halley Stott-kliniek.

Die KwaZulu-Natalse gesondheids-LUR, Nomagugu Simelane, het gesê mense moet goeie higiëne toepas en as hulle simptome het, moet hulle hospitaal of kliniek toe gaan.

Bronne: IOL, The Citizen, KAYA 959

Lees ook: Cholera-medisyne raak op te midde van uitbrake