GAUTENG. – Die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) se taxi-taakspan, saam met Gauteng-verkeerspolisie en die SAPD, het tydens ’n openbare operasie in Alberton en Daveyton 17 minibusse in beslag geneem.
Die EMPD sê in ‘n sosialemediaplasing die operasie het gefokus op minibusse en voertuie wat elektronies bestel word (e-hailing). Hierdie beslagleggings sluit 9 Toyota Quantums, 4 Toyota Avanzas, 2 Bolt-taxi’s en 2 Toyota Siyayas in. Verskeie beweerde oortredings is werk sonder geldige permitte en operateurkaarte, sowel as voertuie wat nie aan die padwaardigheidstandaarde voldoen nie.
Al 17 die voertuie word by die Benoni- provinsiale skut bewaar.





