Altesaam 174 arrestasies uit 1 063 in Oos-Kaap is ‘dronkbestuurders’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Tydens operasies wat vanaf 17 tot 24 Maart in die Oos-Kaap geloods is, is altesaam 174 beweerde dronkbestuurders van die paaie afgehaal.

AO Majola Nkohli sê ‘n totaal van 1 063 arrestasies is tydens 32 hoëdigtheidsoperasies in agt distrikte van die provinsie uitgevoer, waaronder dié beweerde 174 motoriste vir dronkbestuur. Die inhegtenisnemings sluit 30 vermeende verdagtes van 17 ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie in, 17 wat onwettig met drank handel dryf, 179 vir die besit van dwelmmiddels, 29 vir moord, 26 vir verkragting, 199 vir aanranding met die doel om ernstig te beseer en 114 vir gewone aanranding.

Saam met die arrestasies is daar op 17 ongelisensieerde vuurwapens met ammunisie, 4 583 perlemoene, Mandrax-tablette, tik en dagga beslag gelê.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief