Altesaam 26 in hegtenis vir ‘spikings’

Lees ook :

Foto: Op lêer

GAUTENG. – Altesaam 26 persone is in hegtenis geneem in verband met die vlaag spikings wat die afgelope ruk in en om Pretoria plaasvind.

Brig. Brenda Muridili sê al die verdagtes is steeds in aanhouding. Sy voeg by twee verdagtes wat met die polisie in ‘n oor-en-weer-skietery betrokke geraak het, is noodlottig gewond.

Lt.genl. Tommy Mthombeni, die provinsie se polisiekommissaris, wat bekend is daarvoor dat hy misdaad in die voorste linies bekamp, het aan Rekord gesê vordering word teen die probleem van spiking gemaak.

Die insidente kan bedags of snags voorkom en slagoffers word aangeraai om aan te hou ry, totdat hulle veiligheid bereik. Sommige insidente het reeds tot lewensverlies gelei.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

Cilliers Brink, die burgemeester van Tshwane, het Donderdagnag saam met die polisie en metropolisie die paaie in en om Pretoria gepatrolleer.

Ten spyte van die patrollies is twee insidente van spiking gerapporteer.

Die N1 in ‘n noordelike rigting tussen die N4-oos en Maubane, die N4 in ‘n oostelike rigting tussen die N1-noord en Bronkhorstspruit, die N4 in ‘n westelike rigting tussen die N1-noord en Brits Toll Plaza, asook die R80 tussen Es’kia Mphahlele-rylaan en Soshanguve is as brandpunte geïdentifiseer.

Dit word beklemtoon om nie te stop nie en aan te hou ry tot jy veiligheid bereik het wanneer jy ‘n slagoffer van spiking is. Bel ook dadelik die metropolisie of die polisie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief