Altesaam 42 olifante suksesvol verskuif

Lees ook :

Foto's: SANParke

Foto’s in berig.

OOS-KAAP. – SANParke het 42 olifante tussen 12 en 15 Mei suksesvol van die Addo Olifant Nasionale Park (AONP) na die nuutbeveiligde Kabouga-afdeling verskuif. Die verskuiwing is deel van pogings om die olifantreekse uit te brei en ekologiese balans in die park te herstel. Die Kabouga-afdeling is ‘n reeds herstelde habitat, sowat 50 km per pad van die hoofkamp geleë, waar die diere in hul ekologiese rolle kan hervestig word.

JP Louw, woordvoerder van SANParke en Fayroush Ludick, die streekwoordvoerder van SANParke, sê in ‘n verklaring die verskuiwing is noukeurig beplan en uitgevoer deur ’n span kundiges, insluitend natuurbewaarders, wildveeartse en logistieke spesialiste. Elke fase is met aandag aan die welsyn van die diere en met ekologiese integriteit uitgevoer. Die verskuiwing in hierdie landskap is deel van ’n groter bewaringstrategie om gedegradeerde ekosisteme deur spesiegeleide herstel te verbeter.

Roland Januarie, bestuurder van die park, wat meer as 700 olifante huisves, sê: “Addo het ’n trotse rekord van olifantbewaring en handhaaf ’n gesonde en veilige bevolking van een van Afrika se mees ikoniese dierspesies. Verskuiwings tussen afdelings van die park is oor baie jare suksesvol uitgevoer op grond van die behoefte om hul reeks uit te brei en om oorspronklike, antieke olifantkorridors te herstel. Vorentoe word beoog om die Kabouga- en Darlington-afdelings van die park te konsolideer.”

Die herplaasde olifante sal deeglik gemonitor word terwyl hulle hul nuwe omgewing betrek. Olifante, as ekosisteemingenieurs erken, hervorm landskappe wat vir ander spesies voordelig is. Hierdie majestieuse diere maak digte plantegroei oop en versprei sade, skep waterpunte en deur hul naturlike biodiverse gedrag word ekologie in gebiede waar hulle lank afwesig was en dormant geraak het, herstel.

Die Global Humane Conservation Fund of Africa, ’n inisiatief van die Global Humane Society, het belangrike ondersteuning gebied vir die implementering van die projek. Dr. Robin Ganzert, president en uitvoerende hoof van Global Humane Society, sê: “Ons by Global Humane Society is trots om hierdie kritieke herstelprojek te ondersteun en te help verseker dat hierdie olifante die ruimte het om te floreer. Hierdie poging sal die natuurlike stelsels heraktiveer wat olifante help onderhou, aangesien elke stap van hierdie proses met presisie en sorg bestuur word, met prioritisering van die welsyn van die olifante en die sensitiewe ekosisteem in elke stadium.”

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief