Altesaam 44 verdagtes, wat glo R15 m. se drank roof, vasgetrek

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Altesaam 44 verdagtes, wat glo Woensdagoggend vroeg ‘n pakhuis in Kempton Park van meer as R15 m. se drank beroof het, is vasgetrek.

Die polisie sê inligting is ontvang van verdagtes wat na bewering beplan om die pakhuis, waar drank gestoor word, te beroof. Die polisie, saam met Fidelity Specialised Service, AP Spesialised Service en Tracksquad Security, het die inligting opgevolg en op die verdagtes, wat besig was om die drank in vragmotors te laai, afgekom. Twee vol vragmotors het glo reeds gery en die polisie is agter hulle aan. Een van die vragmotors het op die R21 in Kempton Park ‘n ongeluk gemaak. Die ander vragmotor is in Norkempark gevind. ‘n Verdagte is in hegtenis geneem.

Die polisie het ook op twee VW Polo-voertuie wat glo gebruik is om die misdaad uit te voer, beslag gelê.

Die verdagtes sal na verwagting op aanklagte van besigheidsroof, die besit van gesteelde eiendom en die immigrasiewet in die Kempton Park-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief