Altesaam 52 mense is Vrydagaand dood toe ‘n vragmotor met agt motors, verskeie motorfietse en voetgangers in Kenia gebots het.
Daily Mail berig owerhede het die sterftesyfer Saterdag bevestig.
Reddingswerkers is steeds aan die werk om die wrakstukke van die gru-ongeluk te verwyder na die vragmotor wat ‘n skeepshouer vervoer het, Vrydag op ‘n besige pad beheer verloor het.
“Die dodetal het tot 52 gestyg nadat nog drie mense in die hospitaal aan hul beserings beswyk het,” het die plaaslike polisiebevelvoerder, Geoffrey Mayek, aan AFP gesê.





