Altesaam 52 skape onderskep, verdagtes in hegtenis

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – Die polisie het Dinsdagoggend altesaam 52 skape, ter waarde van R120 000, teruggevind wat op die plaas Wolwepan gesteel is. Verdagtes is gearresteer.

Kapt. Stephen Thakeng sê vier verdagtes is vir die diefstal op die plaas in die Welkom-distrik gearresteer nadat ‘n saak by die Odendaalsrus-polisie gemaak is.

Lede van Welkom-blitspatrollie het omstreeks 04:00 Jasonstraat in Riebeeckstad gepatrolleer. ‘n Maroenkleurige Mazda met Gauteng-nommerplate, met ‘n sleepwa, asook ‘n wit Toyota Hilux-bakkie met Vrystaat-nommerplate en ‘n sleepwa, wat beide skape opgelaai het, is opgemerk.

“Aangesien dit verdag gelyk het, is beide voertuie gestop en vervoerpermitte is gevra. ‘n Lid van die Odendaalsrus- eenheid vir veediefstal en bedreigde spesie is na die toneel ontbied.”

Voorlopige ondersoek het die diefstal aan die lig gebring, waarna die verdagtes vir die besit van vermoedelik gesteelde lewende hawe gearresteer is.

Die verdagtes sal binnekort in die Welkom-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief