Brekende Nuus
Afrikaans

Altesaam 71 amptelike vuurwapens verdwyn oor paar jaar van polisie en weermag

Slegs vyf is tot dusver skuldig bevind.

Altesaam 71 amptelike vuurwapens verdwyn oor paar jaar van polisie en weermag

fotokrediet: Canva
Altesaam 71 amptelike vuurwapens verdwyn oor paar jaar van polisie en weermag fotokrediet: Canva

Lees ook: Vrou (18) se liggaam gevind

Altesaam 71 amptelike vuurwapens het tussen die 2019 finansiële jaar en einde verlede jaar uit die wapenvoorraad van die weermag en korrektiewe dienste verdwyn. Die syfer is bekend gemaak maande na die leier van die Vryheidsfront Plus vrae hieroor in die parlement gevra het. 

Tussen 2019 en die einde van 2023 het 53 vuurwapens by die weermag verlore geraak of is gesteel, terwyl 18 vuurwapens van korrektiewe dienste in daardie tydperk gesteel of verloor is.

Sowat 295 rondtes ammunisie het tussen 2019 en einde 2023 uit korrektiewe dienste se voorraad verdwyn, en 6 808 rondtes uit dié van die weermag.

Geen inhegtenisnemings het hieroor by korrektiewe dienste plaasgevind nie, terwyl 22 beamptes van die weermag in hegtenis geneem is. Slegs vyf is tot dusver skuldig bevind.

Altesaam 1 725 vuurwapens van die SAPD is tussen April 2021 en Julie 2023 gesteel of verloor.

Bronne: EWN, The Africa, BusinessTech, SABC

Lees ook: Vrou (18) se liggaam gevind