Brekende Nuus
Afrikaans

Amazon Web Services weer aan die gang

Amazon Web Services onderbreking reg gemaak

fotokrediet: X
Amazon Web Services onderbreking reg gemaak fotokrediet: X

VSA. – Amazon Web Services het gisteraand gesê die massa-internetonderbreking wat verskeie webtuistes en toepassings geraak het, is opgelos. Duisende besighede en miljoene internetgebruikers het gister met hulle hande in hulle hare gesit oor die onderbreking.

Lees ook: Verskeie webtuistes en toepassings af weens probleme by Amazon Web Services

Verskeie webtuistes en toepassings, insluitend Snapchat, Coinbase, Signal, Canva, Roblox, Fortnite, Clash of Clans, Wordle, Pokémon Go, Netflix, Disney+, die McDonald’s toep, Ring, Alexa, Amazon, Amazon, Amazon Music, Prime Video, Vodafone, Playstation, Slack, Coinbase, HMRC, Xero, My Fitness Pall, Tinder, Duolingo en banke Lloyds en Halifax is deur die onderbreking beïnvloed.

Die maatskappy het gesê daar was verskeie “probleme” met versoeke wat aan die datastoordiens DynamoDB gemaak is.

Bronne: BBC, The Times of Israel, India TV

Lees ook: Verskeie webtuistes en toepassings af weens probleme by Amazon Web Services