MOTHERWELL. – ’n Amerikaanse pastoor is glo gister (Donderdag) by sy kerk tydens ’n diens in Motherwell ontvoer.
Lees ook: China verhoog handelstariewe op VSA-goedere
Pastoor Josh Sullivan is glo gister deur vier gewapende manlike verdagtes ontvoer. Die verdagtes het na bewering by die kerk ingestorm, twee selfone gesteel en toe op die vlug geslaan met Sullivan.
Die saak word nog ondersoek en Sullivan is nog nie gevind nie.
*Volgens OFM het die Valke die ondersoek aangaande die ontvoering oorgeneem. Josh Sullivan is glo in sy eie voertuig van die toneel weggeneem.
Bronne: EWN, Algoa FM, Daily Maverick
Lees ook: China verhoog handelstariewe op VSA-goedere
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





