Lees ook: Iran ‘wil nie oorlog hê in Midde-Ooste nie maar Israel moet gestraf word’
IRAK. – Minstens vyf Amerikaanse soldate is gewond in ’n aanval op ’n Irakse weermagbasis.
Twee Katyusha-vuurpyle is op die al-Asad-weermagbasis afgevuur. Dit is onbekend wie die vuurpyle afgevuur het, maar die Amerikaanse departement van verdediging het Iranse militante groepe blameer.
Die aanval volg na kommer dat die oorlog tussen Israel en Hamas gaan eskaleer na Iran en Libanon ná Hamas- en Hezbollah-leiers verlede week doodgemaak is.
Amerika het ’n militêre span, vegvliegtuie en oorlogskepe na die Midde-Ooste gestuur ná Iran belowe het dit gaan weerwraak teen Israel neem.
Bronne: The Independent, Daily Mail, CNN
Lees ook: Iran ‘wil nie oorlog hê in Midde-Ooste nie maar Israel moet gestraf word’