Lees ook: Kommer dat Iran teen Israel gaan weerwraak neem
ISRAEL. – Iran het gesê dit wil nie ‘n oorlog in die Midde-Ooste hê nie maar “Israel moet gestraf word” om verdere onstabiliteit te voorkom.
Dit volg na ‘n Hezbollah-leier in Libanon en Hamas-leier in Tehran doodgemaak is.
Verskeie lande het hulle burgers gewaarsku om uit Libanon weg te kom en lugrederye het vlugte na die land onttrek en gekanselleer.
Die VK het die Britse diplomate se gesinne uit Libanon onttrek oor vrees van ‘n oorlog. Amerika en die VK het militêre personeel, vegvliegtuie en oorlogskepe gereed gemaak vir ‘n moontlike aanval deur Iran.
Israel is ook besig om voor te berei vir die moontlike aanvalle wat oor die volgende paar uur kan voorkom.
Bronne: Sky News, The Telegraph, The Sun





