AUSTRALIЁ. – ‘n Amerikaanse sosialemediapersoonlikheid is gekritiseer na sy ‘n bababuidelmuis (wombat) van die diertjie se ma af geneem het om ‘n video te neem.
Lees ook: SpaceX stel sending om gestrande ruimtevaarders terug te bring uit
Sam Jones, wat haarself ‘n “jagter, bioloog en omgewingswetenskaplike” noem, het in ‘n video, wat sy intussen verwyder het, die diertjie gegryp en na ‘n motor toe gehardloop terwyl die ma-dier agternahardloop.
Jones en die man wat die video geneem het, het gelag oor hoe die ma-diertjie geluide gemaak het terwyl sy agternagehardloop het. Jones het toe die babadier neergesit en het gesê die diertjie is terug na die ma toe.
Diereregte-organisasies, die eerste minister van Australië en verskeie internetgebruikers het Jones oor die video gekritiseer en het gesê sy kon die dier seergemaak het met die manier hoe sy dit gedra het.
Jones het haarself verdedig en gesê sy het die diertjie gelos en sy sal “nooit diere vang wat seergemaak sal word deur hoe ek dit doen nie”.
Die buidelmuis is ‘n beskermde spesie in Australië en enige skeiding van die ma kan gevaarlik wees vir die jong dier.
Jones se visum word bekyk en ‘n petisie om haar te laat deporteer, doen die rondte.
SCUMBAG OF THE DAY 🤬
— PROTECT ALL WILDLIFE (@Protect_Wldlife) March 12, 2025
Sam Jones is a US hunting influencer who has gone viral for posting a tiktok of her taking a baby wombat away from its mother in the middle of the night as a joke…for a bit of fun.
Please Sign The Petition at https://t.co/TJGIq2orzj via @UKChange. pic.twitter.com/aZNVd5gt5Q
AUSTRALIA: Social media commentators called for authorities to ban American influencer Sam Jones from Australia after she picked up a wild wombat separating it from its mother temporarily. pic.twitter.com/DhlyNnkxeQ
— Rhema News (@rhemanewsplus) March 12, 2025
Bronne: BBC, ABC News, People, X
Lees ook: SpaceX stel sending om gestrande ruimtevaarders terug te bring uit