NOORDWES. – Carel Jacobus van Heerden (54) is Woensdag in hegtenis geneem nadat ammunisie glo in ‘n gat by ‘n kraal en selfgemaakte vuurwapens in sy huis op Christiana gevind is.
Brig. Sabata Mokgwabone sê inligting oor Van Heerden met die wapens is ontvang, waarna Christiana- sigbare polisiëring en Vryburg se honde-eenheid ‘n operasie geloods het. Tydens die soektog is ‘n geweer, selfgemaakte vuurwapens en ammunisie beide in die huis en in ‘n gat ontdek.
Van Heerden het Donderdag in die hof verskyn, waarna hy op R1 000 borg vrygelaat is. Die saak is tot 15 Mei uitgestel.
Die geweer behoort volgens die polisie aan wyle Barend Lambertus Crous, voorheen van Stellenbosch in die Wes-Kaap.





