Ammunisie weggesteek op plaas gevind

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORD-KAAP. – Ammunisie wat op ‘n plaas naby die Lutzputspad begrawe was, is na inligting deur die polisie op Keimoes gevind.

Sers. Timothy Sam sê die vermoedelik onwettige ammunisie is op ‘n plaas begrawe gevind. Altesaam 350 x 9 mm rondtes en 200 x LMG rondtes ammunisie is opgegrawe.

Die polisie fynkam die area om vas te stel of nog ammunisie dalk in die gebied begrawe is.

Geen verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem nie. Enigiemand met inligting word versoek om die polisie te bel. Inligting sal vertroulik hanteer word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief