Amper weer tyd vir die o/19 Wildeklawer-toernooi

Lees ook :

Die Wildeklawer skole rugby-en-netbaltoernooi is in 2009 vir die eerste keer aangebied en word dié jaar vir die 11de agtereenvolgende jaar aangebied. Die Wildeklawer-toernooi is die grootste rugby- en netbaltoernooi vir skole in Suid-Afrika, indien nie in die wêreld nie.

Skole neem deel

Hierdie jaar is daar 20 skole wat deelneem aan die rugbytoernooi, asook 12 skole wat deelneem aan die netbaltoernooi, onder andere, Paarl Gimnasium, Grey Kollege, Hoërskool Waterkloof en Menlo Park.

Daar gaan vanjaar plus minus 664 spelers en beamptes teenwoordig wees die jaar. Die toernooi vind plaas vanaf 1 Mei tot 4 Mei 2019 en sal weer by Hoërskool Diamantveld aangebied word.

Toks ‘n Tjops

Elke jaar word daar ’n toer van Wildeklawer vir al die sportspanne aangebied, maar vanjaar gaan hulle deel wees van die Toks ‘n Tjops televisiereeks.
“Daar sal weer na elke rugbywedstryd ’n man of the match aangekondig word en die netbal sal ook pryse kry na die toernooi.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief