Brekende Nuus
Afrikaans

ANC beveel om kaderrekords aan DA te oorhandig

Die DA wou ook hê die ANC se kaderontplooiing moet onkonstitusioneel verklaar word.

ANC beveel om kaderrekords aan DA te oorhandig
fotokrediet: Canva
ANC beveel om kaderrekords aan DA te oorhandig fotokrediet: Canva

Lees ook: DA verkry PBT’s om Sol Plaatje oorsig-hindernisse te oorkom

Die konstitusionele hof het die ANC beveel om hulle kaderontplooiingsrekords aan die DA te oorhandig.

Dit volg na die DA die hof genader het om die ANC te beveel om hulle volledige rekords van kaderontplooiing vanaf 1 Januarie 2013 aan die publiek vry te stel. Hulle wou ook hê die ANC se kaderontplooiing moet onkonstitusioneel verklaar word.

Die ANC het nou vyf werksdae om alle inligting, insluitend CV’s, e-posse en WhatsApp-boodskappe, van sy kaderontplooiingskomitee aan die DA te oorhandig. President Ramaphosa was die voorsitter van dié komitee.

Bronne: eNCA, DA.org, EWN

Lees ook: DA verkry PBT’s om Sol Plaatje oorsig-hindernisse te oorkom