DA verkry PBT’s om Sol Plaatje oorsig-hindernisse te oorkom

Lees ook :

DA verkry PPE's om Sol Plaatje oorsig-hindernisse te oorkom
DA verkry PPE's om Sol Plaatje oorsig-hindernisse te oorkom fotokrediet: Verskaf

*PERSVERKLARING

Die Demokratiese Alliansie (DA) is besig om ons eie persoonlike beskermende toerusting (PPE) vir Sol Plaatje-raadslede aan te skaf, om veilige oorsig oor Kimberley se waterinfrastruktuur te kan doen. Dit kom te midde van doelbewuste pogings deur die munisipaliteit om inligting van ons te weerhou deur ons te belemmer om behoorlike oorsiginspeksies te doen.

Verlede jaar het die munisipaliteit persoonlike beskermende toerusting slegs aan ANC-raadslede uitgereik. Sedertdien is die DA met tussenposes toegang tot die Newton-reservoir en die Riverton-watersuiweringsaanleg geweier, op grond daarvan dat DA-raadslede nie aan veiligheidsregulasies voldoen nie.

Die DA het einde verlede jaar en weer vanjaar briewe aan die munisipaliteit gerig en die beperkende regulasies wat sedertdien ons oorsigrol belemmer, uitgedaag. Dit sluit in dat ons toestemming van die speaker moet kry om oorsiginspeksies to doen, wanneer ons eintlik net die stadsbestuurder hoef in te lig.

Deur vorige oorsiginspeksies het die DA talle kwessies wat die voorsiening van water aan Kimberley raak, blootgelê. Dit sluit in inligting ten opsigte van groot waterlekke, hoërisiko-situasies wat deur blootliggende kabels by Riverton-watersuiweringsaanleg gewaar is, die munisipale vaardigheidstekort en dies meer. Ons het nog altyd die munisipale bestuurder van ons bevindings ingelig. Dit het ons ook aangespoor om druk op die munisipaliteit uit te oefen vir die betrokkenheid van die private sektor.

Die DA het ‘n deurlopende plig teenoor die mense van Kimberley om oorsig te doen oor waterinfrastruktuur om inwoners op hoogte te kan hou, aanbevelings aan Sol Plaatje te kan maak en die munisipaliteit aanspreeklik te kan hou.

Daarom is die DA, op ons eie koste, besig om ons raadslede in Sol Plaatje toe te rus om raadspligte uit te voer sonder verdere hindernisse van die ANC.

Ons sal nie die slagoffer van politieke truuks wees nie, maar sal eerder bo die geleentheid uitstyg om te verseker dat óns steeds óns rol speel om die reg op toegang tot water te verseker.

*PERSVERKLARING

*HIERDIE PERSVERKLARING IS BETAAL DEUR DIE DA

Lees ook: Madagaskar gaan kinderverkragters kastreer

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App